Category: HTS Tom Naudè

Categories

Gedagte vir die week

Hy doen soveel met so min

Hier is ‘n seuntjie met vyf garsbrode en twee vissies; maar wat is dit vir so baie mense? – Johannes 6:9

Soms voel ‘n mens dat dit wat jy doen onbelangrik is. Dan word ‘n mens terneergedruk. Jy verloor Christus se lewen-de teenwoordigheid uit die oog.

Al het jy in sulke tye ‘n swak selfbeeld, onthou dat jy vir Christus belangrik is. Wanneer jy dink aan die geringheid van jóú bydrae, onthou hoe Hy die vyf garsbrode en twee klein vissies gebruik het om ‘n skare mense te voed. God kan wonderwerke verrig met die nederigste dissipel.

Jou hart moet gevul wees met liefde vir jou Verlosser en jou hande moet uitgestrek wees in diens van ander. Dan is daar geen perke aan wat God kan doen nie. – Solly Ozroveck

Pin It on Pinterest